DuxEdMedia - Beeldskool

VIR U KENNISNAME

Vir meer inligting rakende Beeldskool kan u gerus ons e-Beeldskool webtuiste besoek. Die grendel tydperk het ons elkeen geen keuse gelaat nie, anders as om innoverend te dink - daarom die gefokusde webtuiste om ons onderrigsteun voort te sit:

https://www.ebeeldskool.co.za


Stacks Image 13506

>>>>>AANKONDIGING<<<<<
U kan nog steeds die blad gebruik vir registrasie - lees asseblief verder

Beste ouers en leerders, Beeld was nog altyd baie trots op die kwaliteit onderrig en eksamen afronding wat Beeldskool aan u gebied het. Soos ons reeds aan geregistreerde leerders aangedui het en ouers wat ons geskakel het, is Beeldskool nou in 'n nuwe virtuele formaat om voorsiening te maak vir die grendeltyd regulasies en tyd daarna. Ons is bewus daarvan dat die grendelregulasies baie uitdagend is in hierdie onsekere tyd. Die veiligheid van elke leerder is vir ons belangrik.

Ons het onverpoosd aan 'n uitkoms gewerk, om sodoende kostes billik te hou. Ons wil u graag verwys na ons alternatiewe virtuele webtuiste vir e-Beeldskool (Kliek op die skakels hieronder):

https://www.ebeeldskool.co.za

E-pos ons vir navrae:
Kliek hier


U moet asseblief die webtuiste vir e-Beeldskool volg vir Beeldskool, aangesien die virtuele program daar aangedui word en u daar sal moet registreer. Indien u reeds geregistreer het, sal u asseblief daarop moet herregistreer vir die virtuele klasse.

Ouers wat reeds vir Beeldskool betaal het, se gelde sal oorgedra word na die e-Beeldskool.



BEELDSKOOL (Maart, Junie/Julie, September) STAAN UIT BO DIE RES:

  • ONTHOU: As dit nie sê dit is Beeldskool nie, dan is dit beslis nie Beeldskool nie. Beeldskool bied ’n Herf-, Winter- en Lenteskool aan.
  • Unieke omgewing met verbintenis en blootstelling aan die toekoms
  • Uitstaande en ervare onderwysers
  • Uiters ervare organiseerders
  • Unieke aanbieding
  • Onderrig vanuit n ander perspektief
  • Die enigste skool aangebied oor drie seisoene van die jaar
  • Die oudste winterskool in die land
  • Akkommodeer graad 11- en graad 12-leerders
  • Bied ook NBT programme aan
  • MOENIE BEELDSKOOL VERWAR MET ANDER SKOLE NIE - maak asb seker, andersins kan u ons kontak vir sekerheid.
  • Ons studente sê Beeldskool is die WOW-faktor
  • Leerders verkies Beeldskool bo hul eie skole se vakansie aanbiedinge
  • Ons deelnemende ouers sê dit is n uitmuntende belegging vir die toekoms en bied waarde vir hul geld
  • En bo alles….Beeld koerant is Jou Wêreld


Stacks Image 13494

BELANGRIKE KENNISGEWING: KLIEK HIER VIR DIE KALENDER

BEELDSKOOL DOEN DIT WEER, IN 2020.

MOENIE DIT MISLOOP NIE!!!

ONS ONDERWYSERS IS BAIE ERVARE, MET UITSTAANDE KENNIS EN VAARDIGHEDE. SIEN DIE ONDERSTAANDE VIDEO SNITTE.








BEELDSKOOL

Beeldskool is die oudste topprestasieskool vir graad 11 en 12-leerders om te help met eksamenafronding gedurende skoolvakansies. Dit word in Afrikaans en Engels aangebied by Universiteit van Pretoria en Universiteit van Johannesburg in vakke soos:
Wiskunde Wiskunde Geletterdheid
Fisiese-en Lewenswetenskappe
Rekeningkunde
Besigheidstudies Afrikaans Huistaal en
Engels Eerste Addisionele Taal; en nog meer

Leerlinge kom jaarliks van heinde en verre om dit by te woon en getuig van die puik afronding wat dit hulle bied. Ons ontvang nou reeds inskrywings vir Julie se klasse.

WAT IS BEELDSKOOL?

'n Verandering is só goed soos 'n vakansie! So is Beeldskool vir Gr. 11 & 12 leerders. Dit is 'n topgehalte opknappingskursus wat by die Universiteite van Johannesburg en van Pretoria deur ervare onderwysers in die praktyk aangebied word om leerders se bestaande vakkennis op te skerp en hulle behoorlik vir die komende eksamens af te rond. Dit is 'n wonderlike geleentheid om die vakke wat aangebied word uit 'n ander oogpunt te sien.


WATTER VAKKE WORD AANGEBIED?

Universiteit van Pretoria:

Matrikulante kan afronding kry in Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele taal, Lewenswetenskappe, Wiskunde, Wiskunde Geletterdheid, Fisiese Wetenskappe, Besigheidstudies en Rekeningkunde en nog meer. Daar word ook vir graad 11 klasse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aangebied. Die klasse word in Afrikaans aangebied. Daar sal ook klasse in Engels slegs vir graad 12 wees in Wiskunde, Fiesiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe.


HOE LANK IS DIE ONDERRIGSESSIES?

'n Vak se onderriggeldtyd is vier 1 en 1/2 uur sessies per dag. Dus 6 uur onderrigtyd per dag.


HOE KAN LEERDERS INSKRYF EN TOT WANNEER IS DAAR TYD?

Daar kan tot ‘n week voor klasse ‘n aanvang neem ingeskryf word.

E-pos skool@beeld.com vir ‘n rooster en inskrywingsvorm.


WIE SAL BY BEELDSKOOL BAAT VIND?

Elkeen kan – van diegene wat vir onderskeidings werk tot dié wat bietjie sukkel.

VOORDELE VAN BEELDSKOOL:

  • Graad 11 en 12-leerders kry ‘n blik op die Universiteitskampusse en lokale – dit gee leerders ‘n goeie voorsmaak wat in die toekoms op hulle wag sou hulle Universiteit toe gaan.

  • Leerders maak nuwe vriende en ruil kennis uit.

  • Leerders kry onderrig uit ‘n ander perspektief met aantekeninge.


HOE LANK WORD BEELDSKOOL AL AANGEBIED?

Beeldskool is in 1974 gestig. Ons kry oproepe van ouers wat sê hulle het Beeldskool bygewoon – dit was wonderlik. Hulle wil nou hulle kinders inskryf.



VOORSMAAK VAN AFRONDING

Stacks Image 13475


VORIGE LEERDERS SE KOMMENTAAR:

Baie goeie opsomming van die jaar se werk.
Baie goeie aanbieding, beter as my onderwyser.
Dankie vir die uitstekende aanbieding, ek verstaan nou beter.
Ek was baie beïndruk met die manier waarop die onderwyser die werk verduidelik het.
Uitstekende vakkenis!
Die oom is puik!

The lesson was good and enjoyable, I benefited a lot and the teacher is very good. He must continue presenting.
It was interesting.
Thank you Beeld school for giving me an opportunity to learn!
I recommend Beeld School and today's teacher has made me see thing better than before.


Ze inglish is bieng very usefulness...
Ek ken my tale en het reeds meeste goed geweet, maar die tips wat die onnie gegee het gaan my baie help.

Dit was regtig die moeite werd, die aanbieder is uitstekend en flippen nice. Goeie aantekeninge!
Goeie juffrou met baie entoesiasme en goeie kennis van die vakgebied.
Dankie, ek het my kennis verbeter en dinge geleer wat my regtig in die volgende eksamen baie gaan help. Dankie vir die opsommings dit sal my ook baie help!
Beste verduidelikings ooit!
Baie baie goeie aanbieding, verstaan uiteindelik nou die Wetenskap

Vir ‘n vak wat ek 2 dae terug niks van geweet het nie, het die aanbieder ‘n besondere goeie taak verrig om my te help verstaan wat aangaan, my common sence het ook verbeter! Dis ‘n lig vir my eindeksamen.

More more more…..
Ek wou maar net baie dankie se vir al die moeite tydens beeldskool. Ek het van n 70 na n 81 gegaan in Wiskunde en van n 56 na 'n 75 in Wetenskap. Baie dankie vir al die klasse en ongelooflike goeie tye.
-Ruzel
(matrikulant 2016)

Stacks Image 1310