Verbeter jou prestasie, een dag op 'n keer

edge



DUXEDMEDIA

DuxEdMedia is die oorkoepelende bestuurs- en bemarkingskomponent van die Beeld in Onderwys program.


Die DuxEdMedia dra die volgende betekenis: - Dux verwys  na ‘n student/skolier wat die beste presteer. Ed verwys na onderwys.

DuxEdMedia en  Beeld in Onderwys beoog  om studente/skoliere/skole  te help om buitengewoon te presteer op akademiese gebied met Leer en Presteer en Beeldskool, asook oefenvraestelle; skole met skoolkoerantkursusse om die beste skoolkoerant uit te gee; Onderwysopleiding (gebruik van koerante in die klaskamer) om die beste onderrigpotensiaal by onderwysers aan te wakker wat weer tot leerling prestasie lei. Die hulpmiddel om alles te bereik, is dan ook die druk en digitale media

Beeld in Onderwys glo in die opvoeding en ontwikkeling van die jeug - ons toekoms. In die daaglikse koerant is 'n skatkis van inligting en kennis oor onder andere lewenswaardes en werklikhede wat van onskatbare belang is vir die opvoeding van die jeug. Daar is inligting wat in elke vakgebied benut kan word.

Beeld in Onderwys het met programme ten doel om jong lesers te ontwikkel en 'n leeskultuur te skep waar die jeug as ingeligte mense, krities evaluerend kan lees, luister asook kan dink en redeneer.

Beeld in Onderwys is by meer as duisend skole betrokke in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en Kwa Zulu Natal.



BEELD IN ONDERWYS SE VISIE EN MISSIE:

VISIE

Kweek 'n liefde vir lees
Lees, die sleutel tot leer
Ondersteun skole om Beeld as hulpmiddel te gebruik - Verlewendig onderrig

MISSIE

Verhoog kreatiwiteit
Gee 'n verskeidenheid lesidees
Berigte kan in alle leerareas benut word
Maak voorbereiding pret en 'n uitdaging
Ontwikkel groepwerk en help met assessering

BEMAGTIG LEERDERS

Leerders geniet koerante, omdat dit:
Lees bevorder
Leesbegrip en leesspoed verbeter
Woordeskat uitbou
Algemene kennis verbreed
Kommunikasievaardighede vergroot

Jaarliks word Lessenaarkalenders met die jaar se program aan skole binne die verspreidingsgebied bemark en aan ongeveer 1500 skole gestuur.