Verbeter jou skoolkoerant, een dag op 'n keer

Stacks Image 3



REGISTRASIE PROSEDURE BY OnsKan24
VIR ELEKTRONIESE BERIGGEWING



GEÏLLUSTREERDE STAPPE VIR REGISTRASIE

OnsKan24 is die platform wat die skoolkoerant tot 'n nuwe vlak kan neem. Ons almal  ken  elektroniese nuusbriewe en Facebook-blaaie wat elke skoolkoerant-scoop steel. OnsKan24 is egter 'n nuwe wapen wat die skoolkoerant weer relevant maak en boonop is dit vinnig en maklik: 

  1. Gaan na www.wecan24.co.za
  2. Kies die "sign up" opsie en registreer jou skool.
  3. Voltooi die inligtingsvorm en kies die "submit" opsie.
  4. Verfraai die koerant se blad en voorbladprent, dit maak 'n groter verskil as wat mens verwag. 
  5. Laat elke joernalis hul eie profiel skep en registreer onder die skool. 
  6. Redigeer die berigte voordat dit deur die joernaliste opgelaai word.
  7. Bestuur die aanlyn koerant en hou berigte so gebalanseerd en op datum as moontlik. 
  8. Maak alle leerders bewus van die aanlyn koerant en moedig hulle aan om deur OnsKan24 ingelig te bly. 
edge