Verbeter jou prestasie, een dag op 'n keer



LEER EN PRESTEER BYLAES


Leer en Presteer fokus op vraestelle met memorandums vir alle grade om leerlinge te help om hul kennis te toets en hul skoolwerk maklik te maak. Ons gee jaarliks 15 uit, 3 per fase Graad R-3, 4-6, 7-9, 10-11 en 12.

En nog n ekstra een met Matriekoefenvraestelle - wat fokus op volledige vraestelle soortgelyk aan die eindeksamen in vakke soos Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese-en Lewenswetenskappe.

Vorige uitgawes en nuwe uitgawes wat gereeld ontwikkel word, is by DuxEdMedia se aanlynwinkel beskikbaar:
KLIEK HIER



KOMMENTAAR VAN LESERS

Die reaksie wat ons kry is oorweldigend:

Koos Byleveld sê Leer&Presteer kom so handig te pas waar hy tuis ekstra klasse gee.

Henriette Schoeman ‘n Afrikaans-vakonderwyser sê hulle waardeer al die inligting wat hul so kry en kan nie wag om dit in die klas te gebruik nie.

Annette van der Merwe van Beaufort-Wes laat weet sy weet nie hoe sy ons vir die manna kan bedank nie.

Jack Kiewitz van Randfontein Sekondêr bedank Beeld vir al die hulp en sê dit maak dit soveel makliker om Afrikaans geintegreerd aan te bied.

Gert Visser spreek sy dank uit vir die lekker Afrikaans vraestelle wat in Die Burger verskyn.

Lydia van Staden bedank ons vir puik bylaes wat baie handig in die klaskamer is.

Amanda le Roux bedank ook vir die Afrikaans vraestelle in Die Burger omdat dit haar baie help met die leerlinge se voorbereiding en sê ook dankie dat ons help dat leerlinge se uitslae verbeter.

Ellen Nel sê sy vind die Wiskunde hulp in Beeld baie waardevol.

Ronel Myburgh, ’n ouer sê die vraestelle help die kinders baie om vir die komende eksamen te leer en betuig haar dank aan ons koerante vir al die werk dat die publiek ingelig kan bly.

Anel Meyer ‘n ander ouer het haar dank uitgespreek en sê dit help haar regtig om haar graad 6 seun te help leer.

Dit is maar enkele uittreksels uit die baie wat ons daagliks kry.